Heer, waarom het U hierdie gees
in ‘n vrou se liggaam vasgelê?
‘n Roofdier is ‘n slagyster wat aan die kettings ruk.
Soms onbeheerbaar wild, soos nou…
wanneer ek smeek vir net een vlug,
een ongebonde dag,
een roekelose rit
oor wye ruimtes na ‘n land
van son en stilte en rus.
Hieskien sou daar U lig my tref,
of sou die stilte wat ek drink
my dors kon les.
Die tyd is kort; en groter word die angs…..
Dis byna al paniek!
Wat wil U hê?
Heer, laat my nie
Alleen
teen hierdie steil Gedarapiek.

Leave a Reply